Streeksaaigids
Hoëveld en KwaZulu-Natalse Middellande Niks te saai nie behalwe in die KwaZulu- Natalse Middellande waar groenertjies geplant kan word.
Middelveldgebiede (Tshwane en ander gebiede met minder ryp) Groenertjies
Oos-Kaap en Klein-Karoo Groenertjies
Wes-Kaap (en Suid-Kaapse kus) Boerbone, groenertjies, radyse, rape en seldery
Noord-Kaap en Groot-Karoo Uie (en berei beddings voor om in Julie en Augustus groenertjies te plant)
Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Beet, eiervrugte, groenertjies, komkommers, kool, pampoen en skorsies, radyse, rape, spanspek, spinasie en snybeet, stam- en rankbone, tamaties en wortels
Beproef dit
Plant ‘Tom Thumb’ ‘n bosserige ertjie van Raw Seeds om jou ertjieproduksie te vergroot. Plante word 30 cm hoog en 10 cm wyd, wat beteken jy kan hulle 10 cm uitmekaar langs ʼn klein latwerk op klein plekkies in die tuin of in houers plant.…
