Die wetenskap
Misstof is, eenvoudig gestel, nodig vir grondsoorte met ʼn tekort aan voedingstowwe wat ʼn plant nodig het om op sy beste te presteer. As ʼn plant voeding nodig het, kan ʼn mens dit sien aan die een of ander tekortsimptome wat dit toon, soos geel blare (ʼn stikstoftekort), geen blomme nie (ʼn fosfaattekort), swak stingels (ʼn kaliumtekort) of plaaslike nekrose, wat duidelik is uit die verpotte groei en moontlik omkrullende blare (ʼn kalsiumtekort).
Die algemeenste misstofbestanddele sluit in stikstof (N), wat vegetatiewe groei bevorder en verantwoordelik is vir die vergroening van plante, fosfaat (P), wat met die vervaardiging van chlorofil help en noodsaaklik is vir wortelgroei, en kalium (K), wat noodsaaklik is vir sterk groei en die vervaardiging van suikers en stysels, en daarom blom-en vrugproduksie verbeter.
Plante…