Jy het dit gemaak! Hiep, hiep, hoera! Ja, ons het dit deur die verskriklike ou jaar gemaak en sien gretig uit na ‘n positiewer, kalmer en “normaler” nuwe jaar. Ek sê dit weer: “ONS HET DIT GEMAAK!” Klop jouself op die skouer, gee jouself die vatvyf, asem baie diep in en laat alles net uitkom! Ons het almal ‘n bietjie gekneus en gehawend anderkant uitgekom, maar ek glo vas ons is almal ook veel wyser sowel as dankbaarder en nederiger. Ek weet ongetwyfeld dat COVID-19 ‘n paar diep gedagtes en gedragsveranderings by my te voorskyn gebring het. Dit is so. Ek weet dis moeilik om te glo dat ‘n Taurus kan verander, maar ek verseker jou ek het.
Baie veranderings is klein, en lyk dalk na die “daaglikse motiveringsaanhalings” wat…
