Die kweek van groente het in die Covid-19-era ʼn belangrike onderneming geword. Hoewel groentetuine prakties en produktief moet wees, beteken dit nie dat hulle nie ook mooi, lekker om in te wees en skeppend bevredigend kan wees nie.
Die ontwerpkeuses vir ʼn produktiewe groentetuin is oneindig, van tradisionele groentetuinuitlegte tot elegante formele Franse groentetuine, ʼn meng-alles-saambenadering, geligte geboude beddings, vierkantevoettuine, vertikale groente, permakultuurgeinspireerde sleutelgatbeddings en ekosirkels.
Vind ʼn plek wat aan die meeste, verkieslik al, die maatstawwe voldoen om groente suksesvol te kweek voor op ʼn ontwerp besluit word.
• Groente moet minstens ses uur son per dag kry om te gedy. Die beste is volson in die winter, en oggendson en namiddagskadu in die somer. Met te min son gaan groente nie so produktief wees nie, maklik deur plae…
