Watter smake is somersmake? Koel waatlemoen, sappig en verfrissend; pynappel, soet en suurderig; repies goue mango’s endieheuninggeuren smaak van soet spanspek. Hoe gelukkig is ons nie om so ʼn oorvloed van somervrugte te hê om gedurende die feestyd te geniet in plaas van warm en swaar poedings nie!
Benewens die tropiese vrugte is daar bessies, druiwe, pragtige taaipitperskes en veel meer. Dit is natuurlik goed vir ons met vitamiene soos vitamien A, C en E, asook vesel en minerale soos sink, fosfor, magnesium en foliensuur. Volgens gesondheidskenners moet ons twee porsies of verskillende vrugte (ander kleure en soorte) per dag eet. Doodmaklik!
Kookkuns kom in die spel met die omskep van vrugte in ʼn spesiale nagereg met behulp van kruiedeurtrekte strope, sorbette, gladdejantjies en souse.
4 KRUIE VIR SOMER-VRUGTE
Pynappelsalie…
