AI is hulle met groter blomme en ʼn groter kleurreeks suksesvol “mak” gemaak, behou hulle die fyn bekoring van veldblomme.
Van die drie is Nemesia fruticans die mees eteriese, en word slegs in Suid-Afrika aangetref. Dit dra ʼn massa piepklein leeubekkieagtige blommetjies aan lang, skraal stingels, en in volle blom is die blare amper heeltemal toe. Die heldergeel riffies in die keel laat die blomme uitstaan. Hoewel die oorspronklike kleure mauve, pienk en wit is, is die nuutste hibriede te kry in ʼn reeks helder kleure, waaronder magenta, boergonje, donkerblou, geel en oranje.
Nemesia fruticans-hibriede is voller, bosagtiger plante as die spesie, en ontwikkel in geronde regop plante met groter blomme en blinkgroen blare. In koeler tuine kan hulle van September deur die somer tot selfs in die herfs blom.…