Groenertjies is so ʼn lekker groente: bros, soet en voedsaam. Dit is ʼn kortstondige gewas, maar tog ʼn heerlikheid selfs al duur die oes net twee tot vier weke.
Opvolgaanplanting verleng die seisoen, maar selfs al plant jy net een keer, kan jy seker wees dat selfs net een plantsel ertjies die groentetuin goeddoen, die grond voed en as groenbemesting dien.
Wanneer om te plant hang van die verskillende streke af. In warmer gebiede, soos die Laeveld, Hoëveldgebiede met minder ryp om Tshwane, en die Oos-en Wes-Kaap, kan ertjies vanaf Maart as herfsgewas of in Junie en Julie as lentegewas geplant word.
In kouer gebiede soos in Hoëveldtuine, die Karoo en Noord-Kaap, sowel as in die Oos-en Wes-Kaap met ʼn lang, koel lente is groenertjies eerder ʼn lentegewas en moet…