Sommige tuiniers verkies om hul blomplantjies as saailinge in plantkissies by die kwekery te koop eerder as om self jaarplante te saai. Daar is nie fout daarmee nie, maar dit is duur om so tuin te maak.
Een klein pakkie blomsaad kos tussen R18 en R24, en na gelang van die tipe saad (groot of baie klein) kan jy tot 600 sade per pakkie kry, soos in die geval van Namakwalandse madeliefies.
Tweedens sal jy ook ʼn groot verskeidenheid plante misloop. Baie winteren lenteblommende jaarplante kan net direk gesaai word omdat hulle nie raklewe in ʼn bakkie of oorplant goed oorleef nie.
Mooi blomgesiggies soos vergeet-mynietjies, strandviooltjies, Namakwalandse madeliefies, bokbaaivygies, Shirley-papawers, skeefblomme, Kaliforniese papawers, koringblomme, duiwel-in-die-bos (nigella), nemesias, weeskindertjies en godetias is voorbeelde hiervan.
WENK
Gee jou plante die bes…
