Kruisblommige groente, ʼn groep wat die koolgewasse asook Asiatiese blaargroente, roket, koolraap en wortels soos radyse en rape insluit, oorheers die wintergroentetuin. Maart is die vernaamste plantmaand.
Gewasse met ʼn lang groeityd soos broccoli, Brusselse spruite en blomkool moes al gesaai gewees het, maar plante in saailingkissies kan steeds uitgeplant word.
Weer eens die voordele
Presies hoe goed is hulle vir ons? Die meeste kruisblommige groente bevat baie vesel, noodsaaklike minerale, vitamiene (soos A, C, K en E wat die immuunstelsel versterk), en, die belangrikste, fitovoedingstowwe, wat navorsing beweer die risiko van kanker kan verminder as genoeg groente geëet word. Hoewel onlangse navorsing nie ʼn verband gevind het wat sterk of bestendig genoeg is nie, ondersoek nuwe navorsing of genetika ʼn rol kan speel in hoe doeltreffend voordelige teenkankerverbindings in…