’n Bedreigende indringertjie het in ons land aangekom en kondig sy onwelkome teenwoordigheid aan deur tallose bome dood te maak. Die stompkopkewer wat gaatjies soos donshael in ʼn boomoppervlak maak, is afkomstig van Asie en is slegs 2,5 mm lank, maar kan die draer van ʼn aantal swamme wees. Fusarium euwallaceae, waarmee die kewer ʼn simbiotiese verwantskap het, is veral vernietigend deurdat dit bome se vaatstelsels afsny wat tot die afsterwe van takke of selfs die dood van bome lei.
Die kewer besmet ʼn aantal uitheemse bome, waaronder platane (waarin dit in 2017 die eerste keer plaaslik in die Pietermaritzburgse Botaniese Tuin aangetref is), Japanse en Chinese ahorns, kapokbome, Europese eike, asook inheemse bome soos koraalbome, papierbasse en wilgers (combretum-en salix-soorte).
Wat ook baie kommerwekkend is, is dat dit bekend…