Die frase “kleurweelde” kry nuwe betekenis wanneer jy instap by die informele kothuisstyltuin in Northcliff, een van die blaarryke noordwestelike voorstede van Johannesburg. Skakerings van rooi, kersierooi en pers word aangevul met sagte tinte wat ʼn prentjie van oorvloed skilder wat die sinne streel.
Die eienaar, Cheryl van Acker, het Debbie vier jaar gelede opdrag gegee om ʼn tuin te ontwerp wat heeljaar blomme en kleur sal hê wat sy ook in haar huis kan gebruik. “Rose, krismisrose, lelies, tulpe, affodille, pronkertjies, vingerhoedjies en ridderspore is ʼn paar van Cheryl se gunstelingblomme, maar sy wou nie net jaarplante in haar tuin hê nie,” verduidelik Debbie. Cheryl sowel as Debbie ondersteun tuinmaak om bye te lok, wat ook hul blommekeuses beïnvloed.
“ʼn Tuin is een van die lewe se groot leermeesters.…
