Die silwerkwassie is ʼn treffende lid van die madeliefiefamile Asteraceae. Dit was tevore goed bekend as Vernonia natalensis, maar sy naam is heeltemal verander na Hilliardiella aristata toe die genus Vernonia verskeie jare gelede hersien is. Sommige van die Vernonia-spesies is oorgeplaas na die genus Hilliardiella, wat vernoem is na die botanis, Dr. Olive Hilliard, wat die Asteraceae van KwaZulu-Natal bestudeer het. Silwerkwassie kom wydverspreid voor in die somerreenstreek van Suid-Afrika, waaronder die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes, en sy verspreiding strek tot die suide van Tropiese Afrika. Dit groei in verspreide groepe of soms in groot plate in volson en swaar grond in oop grasveld en op rotsriwwe.
Hierdie regop, polvormende plant het ʼn meerjarige houterige wortelstok en word gewoonlik 80 cm tot 1 m hoog…