GAUTENG
Saterdag 3 – Sondag 4 November
Tuine van die Goudstad Maatje en Hendrik Barnard, Oaklaan 166, Ferndale
Die eienaars het in 2007 hierdie rustige oase begin ontwikkel deur meer as 100 inheemse bome, waaronder ʼn laan boomaalwyne, op die eiendom te plant, wat groot eksemplare geword het. Daar is verskeie blombeddings met kleurryke struike as agtergrond, asook ʼn uitstekende mengsel van gekleurde loof, inheems sowel as uitheems.
Delene en Martin Loubser, Wilsonstraat 206, Fairland
Vanweë algemene aandrang is een van ons mooiste tuine weer oop en ʼn vreugde om te besoek. Pragtig versorgde blomme en loof vul die vloeiende beddings en grens aan die groen grasperke, terwyl die Fairlandspruit anderkant die grasperk loop. ʼn Fontein staan in die middel van ʼn groot roostuin, en ʼn massa krismisrose en asaleas…
