1 SAAILINGNUUSFLITS!
Die vinnigste manier om ʼn tuin in ʼn Tuin van Eden te omskep is met jaarplante in saailingkissies wat reg vir uitplant is, en dié tyd van die jaar is daar te veel om van te kies. Blomsaailinge vir plant sluit in petunias, dianthus, penstemons, somerasters, sunpatiens, salies, verbenas en celosias – almal uitstekend vir sonkolle.
Saailingsukses is afhanklik van komposverrykte grond en gereelde voeding met ʼn wateroplosbare misstof, maak dus seker dat jy hierdie produkte ook aanskaf.
2 ’n OORVLOED BLOMME
Somerblommende jaarplante soos kosmos, afrikaners, lobelias, portulakke, jakobregoppe en sonneblomme, asook die meeste somergroente en kruie kan gesaai word noudat nagtemperature hoër is. Hier is ʼn paar nuttige wenke vir saai in kissies:
Groot sade: Sit ʼn stuk hoenderdraad oor die saadkissie as patroon vir egalig…
