GAUTENG
Sondag 12 Augustus en Sondag 19 Augustus
Kursusse vir die kweek van organiese groente
Leer elke aspek van die kweek van organiese groente, van die bemeestering van grondvoorbereiding tot raad weet met waterbeperkings, metgeselaanplanting, organiese plaagbeheer en wisselbou. Die kursusse word aangebied deur Linda Galvad van Sought After Seedlings, wat ook die Gardening 101-reeks op DStv aanbied.
Plek: Inner City Farm, Sandown, Johannesburg
Tyd: 08:30 – 16:30
Navrae: 082 365 0050, www.soughtafterseedlings.co.za
Saterdag 25 Augustus – Sondag 26 Augustus
Cliviaskou, Plantmark en Bonsaiskou
Kom bewonder die baie boslelievarieteite, kry raad by topboslelietelers en geniet ʼn wonderlike bonsaiskou. Orgidee, vetplante en ander skaars plante is ook te koop.
Plek: Laerskool Rooihuiskraal, h.v. Panorama- en Maraboestraat, Rooihuiskraal, Centurion
Tyd: 08:00 – 17:00
Navrae: Martin 083 937 5216, 012 656 1904
KWAZULU-NATAL…