Verbeel jou ʼn wintergroentetuin met net so baie blomme as groente: broccoli en gousblomme deurmekaar, viooltjies buiteom die blaarslaaibedding, kappertjies onderom boerbone en petunias saam met pers blomkool. Wat ʼn prentjie, en dit is alles moontlik!
Prag tersyde, winterblomplantmaats verskaf kos vir bestuiwers en ander insekte onder groot druk, weer nare insekte af wat koolgewasse aanval, en kan ʼn goeie uitwerking op die grond hê, soos veral laventel en koorskruid.
Afgesien van die gewone plante (gousblomme, gesiggies, kappertjies en viooltjies) is daar ander blomplantmaats wat dit werd is om in die groentetuin te sit.
Gousblom
(calendula officinalis) is op warmer, rypvrye plekke ʼn goeie metgesel vir broccoli, Brusselse spruite, rape en seldery, asook tamaties en boontjies. Gousblomme lok voordelige insekte, veral liewenheersbesies, goudogies en sweefvlieë wat op plantluise voed.
Gebruik…
