Ek het in jou groen oë gekyk en gesien hoe jy hulle ’n paar keer knip, so asof jy nie kon onthou wie voor jou staan nie. Ek sou jou nie kwalik geneem het nie, ons is dan noual so lank geskei van mekaar!
Jy het begin glimlag, jou arms oopgemaak, en ek moes myself keer om nie bo-op jou bed te spring om nog nader te kom nie. Ek het oor jou wange gevryf, en hulle was so sag soos altyd. Jy het lekker geruik en skieIik het ek weer die geure van jou huis onthou - ondertone van koffie, marmite, ontbytspek, beesstertbredie, pampoenkoekies, boerewors, rooiwyn, sigaarrrook met ’n kersiegeur, skoon linne en parfuum.
Ai, ons kon so lekker oor die politiek baklei en dan het jy my ’n…
