Kruie is amper net so goed vir ons troeteldiere as vir ons. Daar is kruie wat vir spysvertering help, velirritasie verlig, vlooie afweer, van wurms ontslae raak, as tonikum dien en vir inflammasie en artritis help. Baie van hierdie kruie, soos laventel, tiemie, smeerwortel, pietersielie en komkommerkruid, kom algemeen in die kruietuin voor, terwyl daar ook spesialiteitskruie is wat uitsluitlik vir dierlike gebruik daar is, soos gras vir katte en honde wat goed is vir die spysverteringstelsel. Hoewel kruiemiddels nooit ’n besoek aan die veearts moet vervang nie, kan dit by jou troeteldier se dieet ingesluit word om liggaamsfunksies op ’n natuurlike manier te stimuleer, te reguleer of reg te stel wat gesondheid onderhou.
Voorsorg vir veiligheid: Maak altyd seker die kruid word korrek geïdentifi seer volgens sy botaniese naam,…