Organiese tuinmaak gaan oor natuursiklusse – lewe, ontbinding en vernuwing. In deel twee kyk ons na die kies van die regte plante vir die taak.
Plante wat bestuiwers en predatore lok:
Gousblomme, koljander, dille, vinkel, pietersielie, koorskruid en duisendblad
Plante wat help met plaagbeheer:
Ment, laventel, roosmaryn, uiegewasse, alsemkruid, afrikaners, kappertjies, herfskrisante, kwylwortel, wurmkruid en koorskruid
Offer- of lokvalplante:
Kappertjies, basiliekruid, nicotiana en gousblomme
Plante wat siekte keer:
Knoffel, grasuie en brandnetels
Plante wat die grond verbeter:
Ertjies, boontjies, klawer, bokwiet, lupiene en mosterd
Plantmaats
Metgeselaanplanting is deel van die organiese benadering en word gedoen om plantgesondheid en oeste te verbeter, peste af te weer, voordelige insekte te lok en om die omvang van siekte te verminder. Hier is ʼn paar voorstelle om aan die gang te kom – as…
