Kruie word dikwels die natuur se genesers genoem, en hul vermoe om welwees te bevorder raak amper elke aspek van die lewe. Kruie genees, streel en kalmeer nie net ons nie, maar ook ons huisdiere. Hulle gee voedingskrag aan die grond, verbeter die groei van naburige plante, dien as plaagweerders, en lok voordelige insekbestuiwers, veral bye.
? Kostuin sonder kruie is daarom armer, die rede waarom ons in hierdie nuwe reeks gaan ondersoek hoe ons, en die omgewing om ons, voordeel kan trek uit die kweek van kruie.
Tiemie
Die kruid wat elke winterkruietuin in oorvloed moet he, is tiemie. Sy vlugtige olie is timol, wat kiemwerende, swamwerende en antibakteriele werkings het wat daarvan ʼn veilige en maklik-om-tegebruik winterversterkende kruid en huisremedie vir keel- en borsinfeksies maak.
Dit is eweneens…