Maak steggies van
Pelargoniums, salies, laventels, fuchsias, madeliefiebosse, penstemons, roosmaryn en alle soorte grondbedekkers soos arctotis, osteospermums en rankgazanias.
Wanneer ek klein plattelandse dorpies besoek, het ek al opgemerk dat die mooiste tuine in die hoofstrate almal gemengde petunias in dieselfde skakerings het wat op die sypaadjie groei en dieselfde varieteit pelargonium in potte wat op die stoepe luier. As jy stilhou om dieper te kyk, sien jy dat hul massa-aanplantings uit dieselfde agapante bestaan, dat almal hen-met-kuikens (chlorophytums) het en dat dieselfde siergrassoorte oral groei. Op verskillende erwe onder die bome kry jy dieselfde varingspesies wat in hul skadu groei. En in die lente sien jy dat almal akelei in dieselfde skakerings het.
Ek noem hierdie verskynsel “tuinubuntu”, wat beteken hierdie tuiniers wat ver van moderne tuinsentrums af woon,…