Eerstehandse wenke om bolle te plant
• Moenie lenteblommende bolle langs harde oppervlakke soos inrypaaie of geplaveide paadjies plant nie omdat die bolle koel moet bly.
• Vermy mure wat noord kyk, en as in houers geplant word, hou hulle in oggendson en namiddagskadu.
• Plant bolle in groot groepe van dieselfde soort om die beste resultate te kry.
BOLLE OM BUITE TE PLANT
Alliums, anemone, bobbejaantjies, tjienkerientjees, kammetjies, affodille, ixias, Hollandse irisse, lachenalias, sneeuvlokkies, druifhiasinte, grasklokkies, ranonkels, sparaxis en tritonias.
Onthou om: nuutgeplante bolle elke vierde dag diep nat te maak – hulle moet nooit heeltemal uitdroog nie. Bolle in potte moet gereelder water kry.
Om die slaai aan gang te hou
Saai tweeweekliks ʼn paar sade.
Bolle om binnenshuis te kweek
Hiasinte en narsings aan die blom is…
