Port Elizabethse tuinontwerper Sarah Stevens het ʼn eenvoudige opdrag van die argitekeienaar van hierdie huis gekry: “Pas die tuin by die skoon lyne van die moderne huis aan en gee vir my ‘n tuin wat stilisties en tog natuurlik is.” Sarah se mantra is om met konteks te werk, nie daarteen nie, en in dié geval moes sy twee hooffaktore in ag neem: eerstens, die gebou, wat die sterk, lae horisontale lyn is van die plaastipe huis wat oorspronklik in die 1950’s ontwerp is, en tweedens, die natuur, wat die skouspelagtige plek op die heuwel is wat die huis in die rotsagtige Targetkloof in beslag neem. Haar antwoord was om ʼn tuin met blokke terrasse te maak wat die reghoekige vorm van die huis weerspieël, en om sodoende die steil…
