● Trek somerjaarplante soos basiliekruid, dille en komkommerkruid uit om plek te maak vir winterkruie of groente.● Sit komkommerkruidplante op die komposhoop; die blare is vol minerale en is ook ʼn komposaktiveerder.● Vul kompos in die grond aan, gooi dit in beddings waar somerjaarplante gegroei het en werk dit om geharde meerjarige kruie in.● Beskerm gevoelige kruie soos die sampioenplante en Griekse basiliekruid met rypdoek.● Snoei alle kouebestande kruie liggies om hul vorm te behou.
Moenie vergeet nie
Pluk gerus blommende kruie vir die huis as versiering, maar ook as lugverfrisser. Basiliekruid, meerjarige pienk basiliekruid, bergamot, dille, duisendblad, echinacea, kattekruid, koorskruid, laventel, ment, pynappelsalie, sitroenverbena en vinkel behoort almal nou te blom.
Doen dit met die laaste basiliekruid
• Oes gesonde groen basilieblare vir pesto of bevries die blare in…
