Vir die poffertjies
100 g meelblom
4 eiers
Skil van 1 suurlemoen
‘n Knippie sout
300 g blomkool, in stukkies gekap
100 g feta, gekrummel
‘n Handvol pietersielie, gekap
‘n Bietjie olyfolie
Vir die sous
3 uie, in die helfte deurgesny en in dun skyfies gesny
Botter
1 knoffelhuisie, gekap
2 teelepels vars gemmer, fyngedruk
1 rooi brandrissie, gekap
1 teelepel mosterdsaad
250 g kersietamaties
50 g gedroogde bosbessies
50 ml rooiwynasyn
1 eetlepel bruinsuiker
Sout en peper
Sit die meel, eiers, suurlemoenskil en sout vir die poffertjies in ‘n mengbak en meng tot dit ‘n gladde beslag is. Vou die blomkool, feta en pietersielie in. Drup eetlepelsvol van die mengsel in ‘n warm pan wat met olyfolie gesmeer is. Maak ‘n paar minute gaar en draai om sodat die…
