Stel jou voor:
wit sandstrande omsoom met palms, turkoois see en lug wat verhelder word deur eindelose sonskyn. Dit klink dalk na ʼn cliche, maar dit bestaan werklik en lok vakansiegangers by hul duisende na die tropiese eilandparadys van die Karibiese Eilande toe.
Die vakansiestemming wat op die Karibiese Eilande heers, geld ook vir sy kookkuns, ʼn oordadige mengsel van tropiese vrugte en groente, vars vis en kruie (natuurlik).
Suid-Afrika is dalk halfpad om die wereld van die Karibiese Eilande af, maar ons het ons eie tropiese paradys aan die KwaZulu-Natalse kus, ʼn vakansie-ingesteldheid wat daarby pas en kookkuns wat ewe veel ʼn smeltkroes van Indiese, Hollandse, Franse, Engelse en Afrika-invloede is.
Kom ons wees nou maar eerlik, gekruide Karibiese kookkuns is baie meer soos ons sʼn as die tradisionele…