Pikant, stomend, eksoties, misterieus . . . daar is nog soveel woorde wat gebruik kan word om die Indiese subkontinent te beskryf, wat in gelyke mate op die kookkuns van toepassing is. Hoewel dit van streek tot streek verskil, is rissie ʼn noodsaaklike bestanddeel wat almal in gemeen het.
Gedroogde rooipeper (cayennepeper), wat as die koningin van Indiese kookkuns bestempel word, word as spesery gemaal en gemeng met ander speserye soos komyn, kardemom, gemmer, koljander, knoffel, fenegriek en borrie. Hierdie poeiermengsel, waarna ons as kerrie (die verafrikaansde weergawe van die Tamil-woord kari wat sous beteken) verwys, word gebruik om groente of vleis te geur met of sonder sous.
Warm groen rissies, wat heeltemal ʼn ander geur het, word meer soos ʼn kruid gebruik, wat gewoonlik in warm olie gebraai en…