Wat om te plant
’n Groot verskeidenheid saad kan dië maand gesaai word, waaronder boontjies, blaarslaai, brandrissies, eiervrugte, ertjies, komkommers, mielies, rabarber, radyse, seldery, skorsies, snybeet, soetrissies, spanspek, tamaties en wortels. Plant ook baie kruievariëteite.
Saai saad in saaikissies
’n Gemiddelde gesin het net sowat ses tot agt tamatieplante en ͗n beperkte hoeveelheid eiervrugte, soetrissies en brandrissies op ͗n keer nodig, en dit is ekonomieser om kleiner hoeveelhede in saaikissies te saai. Plastieksaailingkissies is maklik om te gebruik en perfek ontwerp vir die doel. Gebruik ͗n kommersiële saailingmengsel eerder as potgrond - die saailingmengsel is fyner en laat die klein saadjies maklik ontkiem
• Vul die saaikissies met saailingmengsel, maak nat en laat die water uitloop.
• Saai twee saadjies in elke gat - na ontkieming kan die swakste saailing…