1 GWANOKORRELS
Die splinternuwe Gwano Pellets van Protek is ʼn 100% organiese, koolstofverrykte misstof wat van gekomposteerde hoendermis gemaak word en mikro sowel as makrovoedingstowwe bevat. Hierdie gebalanseerde algemene misstof is geskik vir jou hele tuin, en is ideaal vir alles van grasperke tot bome, struike, vrugtebome, rose, groente, kruie en blom en vrugtedraende plante. Sien www.proteksa.co.za vir meer inligting.
2 PROTEK KEMPRIN
Protek Kemprin is ‘n hoë konsentrasie kontak- en maaginsekdoder, verpak in 50 ml en 200 ml bottels. Kemprin beheer ‘n breë spektrum tuininsekte, insluitende bolwurm, plantluise, kommandwurm, kodlingmot, snywurms, stamboorder, vrugtevlieg, kalander, valskodlingmot, grasperkruspe, lusernruspe, stinkbesie, blaaspootjie, krieke, grasdraertermiete, witluis, blomkewer, lelieboorder en witvlieg. Sien www.proteksa.co.za vir meer inligting.
3 KETER DINAMIESE KOMPOSMAKER
Die Keter Dynamic Composter is die mees ergonomiese en veiligste manier om kompos te…
