Miskien gebeur die ontydige vrae vraery nie met ander mense nie, maar net met my, wat nogals ‘n bekommernis is. Dalk het ek nog nie genoeg leeggelê hier op die stoep nie (in welke geval ek dadelik vir nog verlof sal moet aansoek doen,) of dalk het ek net ‘n skroef of twee los, want meeste mense wat ek ken, het nie vrae aan die begin van die jaar nie, hulle maak dan besluite.
Hulle besluit om op te hou rook, hulle besluit om op die waterkar te ry, hulle besluit om nie so baie te skinder nie, en hulle besluit om maer te word. Ek hoef gelukkig nie tussen hierdie algemeen en oubekende besluite ‘n besluit te kies nie, ek dink ek’s maer genoeg en basta! Maar, soos ek…
