PRADIANCE
Pradiance vervaardig produkte vir alle velsoorte. Dis 100% organies, veganisties, nie op diere getoets nie, wetenskaplik geformuleer, en geskik vir mans en vroue van alle ouderdomme.
Waar kom Pradiance vandaan?
Ek is al langer as 20 jaar bewus van Kigelia (die Afrika-worsboom) en sy genesende werking op sonbeskadigde vel, wat die meeste mense (ongeag hul velkleur) in die Suidelike Halfrond ervaar. Ek het vir 23 jaar ’n natuurlike, organiese produk uit Europa ingevoer, maar weens die verswakking van die rand het ek gevoel ons kort ’n topgehalte, organiese, natuurlike en plaaslike produk wat sonskade en pigmentasie doeltreffend bekamp. Vir my was bekostigbaarheid en doeltreffendheid die belangrikste faktore. Ek het drie jaar aan die formulering gewerk voordat ons die produk in 2017 bekend gestel het.
Wat is die rede vir…
