Die heel belangrikste vraag elke dag: “Wat eet ons vanaand?” Hoeveel keer hoor jy hierdie woorde?
As jy soos ek is, begin of eindig die meeste gesprekke met jou geliefdes met hierdie onderwerp. En nes jy het ek nie altyd die antwoord op dié vraag nie, want selfs my idees raak op en, ja, my beursie is ook maar dikwels bietjie knap. Gereeld wanneer ek mense vir ete nooi, sal ek hoor hoe my gaste aan tafel praat oor eetgewoontes en wat op hul tafel pronk. Middel-van-die week-etes. Die ritme van die gesprek is altyd dieselfde: “Ek maak ’n baie goeie ______.” Daarna volg, “My gesin is mal daaroor.” Dan eindig dit altyd so: “Jis, maar ek is nou al só moeg om dit te maak.” Of, “As ek dit…
